Deuteronomy 24:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer jy jou oes in jou land afsny en 'n gerf in die land vergeet het, mag jy dit nie weer gaan haal nie; dit moet vir die vreemdeling, vir die wees en die weduwee wees, sodat die HERE jou God kan seën jou in al die werk van jou hande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer jy jou oes inbring en jy vergeet ’n gerf op die land, moenie omdraai en dit gaan haal nie. Laat dit daar vir die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees. Dan sal die Here jou God jou seën in alles wat jy doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy jou oes op jou land insamel en 'n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer jy jou lande afoes en jy vergeet 'n gerf op die land, moet jy nie omdraai om dit te gaan haal nie. Dit moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee. Dan sal die Here jou God jou seën in alles wat jy aanpak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wanneer jy jou oes op die land insamel en jy vergeet 'n gerf op die land, mag jy nie teruggaan om dit te kry nie. Dit moet vir die vreemdelinge, vaderloses en weduwees agterbly, sodat die Here jou God al jou handewerk kan seën. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jy jou koring afsny in jou koringland, en jy los 'n koring-aar in die land, dan mag jy nie teruggaan om die koring-aar te gaan haal nie. Jy moet dit daar los vir die vreemdeling en die weeskind en die weduwee. Dan sal jou God die Here dit goed laat gaan met alles wat jy doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê nou jy is besig om die oes op jou lande in te bring. Jy kom agter dat jy van die graan op die land vergeet het. Moenie teruggaan om dit te gaan haal nie. Nee, los die graan wat agterbly vir die vreemdelinge en die weeskinders en die weduwees. Hulle het niks anders om van te leef nie. As jy dit doen, sal die Here vir jou voorspoed gee in alles wat jy doen. Hy hou van vrygewige mense. |