Deuteronomy 24:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipte was, en die HERE jou God jou daarvandaan verlos het; daarom beveel ek jou om hierdie ding te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou altyd dat julle slawe in Egipte was en dat die Here julle God julle van daar vrygekoop het. Dit is waarom ek hierdie gebod aan julle gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf was in Egipte en die HERE jou God jou daaruit verlos het; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet onthou dat jy in Egipte 'n slaaf was, en dat die Here jou God jou daaruit bevry het. Daarom beveel ek jou om al hierdie dinge te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onthou dat jy 'n slaaf was in Egipte, en dat die Here jou God jou daaruit vrygekoop het. Dit is waarom ek jou beveel om so op te tree. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet onthou dat jy 'n slaaf was in Egipte en dat jou God die Here jou daar losgekoop het. Daarom sê ek jy moet hierdie ding doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou dat julle slawe in Egipte was. En dink daaraan hoe goed die Here toe vir julle was. Hy het julle gered. Daarom beveel ek jou om so met vreemde mense te werk soos die Here aan jou gedoen het. |