Deuteronomy 24:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag die reg van die vreemdeling en die wees nie verdraai nie; en neem ook nie 'n weduwee se klere om te pand nie: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sorg dat daar geregtigheid geskied aan die vreemdelinge wat tussen julle woon en ook aan weeskinders. Jy mag nooit ’n weduwee se kleed as pand aanvaar nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag die reg van vreemdeling en wees nie verdraai nie en die kleed van 'n weduwee nie as pand neem nie. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag nie die regte van 'n vreemdeling of van 'n weeskind van hulle af wegvat nie. Jy mag nie die klere van 'n weduwee as pand neem nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jy mag nie die reg van vreemdelinge en vaderloses verdraai nie, en jy mag nie die bokleed van 'n weduwee as pand neem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet reg doen aan vreemdelinge en weeskinders, en jy mag nie 'n weduwee se klere vat as sy geld vir jou skuld nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy moet die vreemdeling wat by jou bly en die weeskind goed behandel. Jy moet sorg dat daar reg aan hulle gedoen word. Jy mag nooit die weduwee se klere van haar af wegvat om seker te maak dat sy iets wat sy by jou geleen het, terugbring nie. |