Deuteronomy 24:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vaders mag nie vir die kinders gedood word nie, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie: elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ouers mag nie doodgemaak word vir die sonde van hulle kinders nie en kinders mag nie doodgemaak word vir die sonde van hulle ouers nie. Wie die doodstraf moet kry, kry dit net vir sy eie misdade.
Afrikaans 1933/1953 Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.
Afrikaans 1983 “Vaders mag nie oor die optrede van kinders en kinders nie oor die optrede van vaders doodgemaak word nie. Elkeen kan net vir sy eie sonde die doodstraf kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ouers mag nie doodgemaak word oor kinders nie, en kinders mag nie doodgemaak word oor ouers nie. Elkeen moet vir sy eie sonde sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle mag nie 'n pa doodmaak omdat sy kind verkeerd gedoen het nie, en julle mag nie kinders doodmaak omdat hulle pa iets verkeerd gedoen het nie. Elkeen moet sterf oor dit wat hyself verkeerd gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ouers mag nie doodgemaak word as hulle kinders slegte dinge aanvang nie. En kinders mag nie doodgemaak word oor hulle ouers se slegte dade nie. Net die persoon wat die oortreding begaan het, mag doodgemaak word.