Deuteronomy 24:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op sy dag moet jy hom sy loon gee, en die son mag nie daaroor ondergaan nie; want hy is arm en rig sy hart daarop; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Betaal hulle hulle loon elke dag voor sononder, want hulle is arm en reken op die geld. Andersins mag hulle by die Here gaan kla en sal dit as sonde teen jou gereken word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie -- want hy is arm en sy siel verlang daarna -- dat hy nie teen jou tot die HERE roep en dit sonde in jou word nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet hom sy loon nog dieselfde dag gee, voor die son ondergaan, want hy is arm en reken op sy loon. As jy dit nie doen nie, sal hy by die Here kla oor jou en sal jy skuldig wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet sy loon nog dieselfde dag betaal, voor die son oor hom ondergaan, want hy is arm en hy sug daarna. Anders beroep hy hom op die Here teen jou en staan jy skuldig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet sy beloning elke dag gee voordat die son ondergaan, want hy is arm en hy moet die geld gebruik om te lewe. As jy dit nie doen nie, dan sal hy tot die Here bid, en die Here sal jou straf oor daardie sonde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Betaal elke dag voor die son sak die lone van die mense wat vir jou werk. Hierdie mense is arm en het niks anders om van te leef nie. Hulle maak staat op die bietjie geld wat jy hulle gee om te kan eet. Anders roep hulle nou-nou die Here aan omdat hulle honger hulle deur die nag wakker hou. En die Here luister na arm mense. Dan straf die Here jou oor hierdie slegte ding wat jy gedoen het. |