Deuteronomy 24:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag 'n dagloner wat arm en behoeftig is, nie verdruk nie, of hy uit jou broers of van jou vreemdelinge is wat in jou land binne jou poorte is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy moet nooit onbillike voordeel trek uit arm arbeiders nie, nie as hulle mede-Israeliete is nie en ook nie as hulle vreemdelinge is wat in jou dorpe woon nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag 'n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie 'n huurling wat arm en behoeftig is, laat swaarkry nie, of hy nou al 'n volksgenoot is of 'n vreemdeling wat by jou woon in een van jou land se stede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy mag nie 'n dagloner wat magteloos en behoeftig is, uitbuit nie – nie een van jou volksgenote of 'n •vreemdeling wat in jou dorpe in die land is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy mag nie die beloning hou wat 'n dagloner moet kry nie, dit maak nie saak of dit 'n arm Israeliet is wat niks het nie, of 'n vreemdeling wat in jou land woon in een van jou stede nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moenie iemand wat elke dag teen betaling werk, sleg behandel nie. Dit maak nie saak of hy ’n mede-Israeliet is of iemand wat aan ’n ander volk behoort nie.