Deuteronomy 24:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet hom in elk geval die pand teruggee wanneer son ondergaan, dat hy in sy eie kleed kan slaap en jou seën; en dit sal jou geregtigheid wees voor die aangesig van die HERE jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee die kleed teen sononder vir hom terug sodat jou naaste daaronder kan slaap. Dan sal hy jou seën en die Here jou God sal dit as ’n regverdige daad beskou.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap en jou kan seën; en dit sal geregtigheid vir jou wees voor die aangesig van die HERE jou God.
Afrikaans 1983 Jy moet die pand teruggee wanneer die son ondergaan sodat hy onder sy kledingstuk kan slaap. Dan sal hy jou seën, en die Here jou God sal jou optrede goedvind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet die pand beslis aan hom teruggee teen sononder, sodat hy in sy oorkleed kan slaap. Hy sal jou prys, en dit sal vir jou by die Here jou God geld as 'n regverdige daad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet sy bo-kleed teruggee wanneer die son ondergaan sodat hy daarin kan slaap en sodat hy jou kan seën. Jou God die Here sal dan tevrede wees dat jy reg doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan gee die klere terug wanneer die son sak, want hy slaap in sy klere. Dis al wat hy het om hom warm te maak. Hy sal jou voorspoed toewens as jy sy klere teruggee. En die Here sal ook sien wat jy doen en dit sal goed wees in sy oë.