Deuteronomy 23:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag 'n Edomiet nie afsku nie; want hy is jou broer; jy mag 'n Egiptenaar nie afsku nie; want jy was 'n vreemdeling in sy land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie die Edomiete of die Egiptenaars verag nie. Die Edomiete is familie van jou en jy het as vreemdeling onder die Egiptenaars gewoon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Edomiet moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want jy was 'n vreemdeling in sy land. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag egter nie 'n Edomiet wegstoot nie, want hy is jou bloedverwant; ook nie 'n Egiptenaar nie, want jy was 'n vreemdeling in sy land. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy mag nie 'n afkeer hê van 'n Edomiet nie, want hy is jou broer. Jy mag nie 'n afkeer hê van 'n Egiptenaar nie, want jy was 'n •vreemdeling in sy land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle mag nie die Edomiete verneder nie, want hulle is familie van julle. Julle mag ook nie die Egiptenaars verneder nie, want julle was vreemdelinge in hulle land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar die Edomiete en die Egiptenaars mag jy nie sleg behandel nie. Die Edomiete is jou eie mense en die Egiptenaars het vir jou gesorg terwyl jy tussen hulle gebly het. |