Deuteronomy 23:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal hulle vrede en hulle voorspoed nie soek al jou dae tot in ewigheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy mag nooit, vir so lank as wat jy leef, op enige manier die Ammoniete of die Moabiete help nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.
Afrikaans 1983 Jy mag nooit in vrede leef met die Ammoniete en die Moabiete nie, en jy mag nooit iets goeds aan hulle doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Solank as wat jy leef, mag jy nooit hulle voorspoed en welsyn bevorder nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nooit die Ammoniete en die Moabiete help sodat hulle vrede het en dit goed gaan met hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag nooit die Ammoniete en Moabiete op enige manier help of ondersteun nie. Jy mag hulle nie vrede of voorspoed toewens nie. Moenie hulle ooit goed behandel nie.