Deuteronomy 23:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hulle julle nie teëgekom het met brood en water op die pad by julle uittog uit Egipte nie; en omdat hulle Bíleam, die seun van Beor, van Petor in Mesopotamië, teen jou gehuur het om jou te vervloek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie nasies het jou nie met kos en water verwelkom toe jy uit Egipte gekom het nie. Inteendeel, hulle het probeer om vir Bileam, die seun van Beor van Petor in Aram-Naharajim, te huur om jou te vervloek. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy B¡leam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopot mië, teen jou gehuur het om jou te vloek. |
| Afrikaans 1983 | Dit is omdat hulle jou nie van kos en water voorsien het toe julle uit Egipte getrek het nie en hulle vir Bileam seun van Beor uit Petor in Mesopotamië gehuur het om jou te vervloek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want hulle het julle, toe julle op pad was met julle uittog uit Egipte, nie met brood en water te hulp gekom nie, en ook omdat hulle Bileam, die seun van Beor, uit Petor in Aram-Naharajim gehuur het om jou te vervloek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Ammoniete en Moabiete wou nie vir julle kos en water gee toe julle uit Egipte gekom het nie. Die koning van Moab het ook vir Bileam seun van Beor gehuur om julle te vervloek. Bileam het gekom van die stad Petor in die land Mesopotamië, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe julle uit Egipte weggetrek het en in hierdie land aangekom het, wou hulle nie vir julle kos en water gee nie. Inteendeel, hulle het vir Bileam, die seun van Beor uit die stad Petor wat in Mesopotamië is, gehuur. Hy moes julle vloek. |