Deuteronomy 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; tot in hulle tiende geslag mag hulle nie vir ewig in die vergadering van die HERE kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Geen Ammoniet of Moabiet of enige van hulle nageslag tot in die tiende generasie mag ingesluit word in die vergadering van die Here nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie; |
| Afrikaans 1983 | Geen Ammoniet of Moabiet mag lid van die gemeente word nie. Niemand uit hulle nageslag mag ooit lid van die gemeente word nie, selfs nie eers een van die tiende geslag nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Ammoniet en Moabiet mag nie in die geloofsgemeenskap van die Here kom nie. Selfs tot die tiende geslag ná hulle mag nooit in die geloofsgemeenskap van die Here kom nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Ammoniet en 'n Moabiet mag nie in die volksvergadering van die Here kom nie. Hulle nageslag mag ook nie in die volksvergadering van die Here kom nie, tot in die tiende geslag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ammoniete en Moabiete en hulle kinders en kleinkinders en agterkleinkinders mag nie aan die gemeente van die Here behoort nie. |