Deuteronomy 23:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy in die staande graan van jou naaste kom, moet jy die are met jou hand pluk; maar jy mag geen sekel na jou naaste se staande graan swaai nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy mag ook ’n paar are van jou naaste se koring met die hand pluk, maar jy mag dit nie met ’n sekel oes nie.”
Afrikaans 1933/1953 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar 'n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.
Afrikaans 1983 Wanneer jy in jou buurman se koringland ingaan, mag jy are pluk met jou hand, maar jy mag nie 'n sekel in sy koringland gebruik nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “As jy in die staande graan van jou naaste kom, mag jy halfryp are met die hand pluk; maar 'n sekel mag jy nie in die staande graan van jou naaste swaai nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand nog nie sy koring afgesny het nie, en jy kom in sy koringland, dan mag jy koring-are pluk met jou hand maar jy mag nie die koring afsny met 'n sekel nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net so mag jy ’n paar graankorrels pluk as jy by iemand se koringland verbyloop, maar jy mag nie die graan oes nie. Dan steel jy.”