Deuteronomy 23:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy in die wingerd van jou naaste kom, dan mag jy druiwe eet na jou eie smaak; maar jy mag niks in jou vat gooi nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy mag genoeg druiwe eet wanneer jy in jou naaste se wingerd kom, maar moenie iets in ’n mandjie wegvat nie.
Afrikaans 1933/1953 As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.
Afrikaans 1983 “Wanneer jy in jou buurman se wingerd ingaan, mag jy net soveel druiwe eet as jy wil om jou honger te stil, maar jy mag niks in jou sak sit nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “As jy in jou naaste se wingerd kom, mag jy soveel druiwe eet as wat jy wil, totdat jy versadig is; maar jy mag nie daarvan in jou houer sit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer jy in iemand se wingerd kom, dan mag jy so baie druiwe eet soos jy wil, jy mag eet totdat jy genoeg het, maar jy mag nie druiwe in jou sak saamneem nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy mag eet soveel as wat jy wil as jy by iemand se wingerd verbyloop. Maar jy mag nie van die druiwe pluk en in ’n mandjie sit om saam te neem nie.