Deuteronomy 23:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aan 'n vreemdeling mag jy op woeker leen; maar aan jou broer mag jy nie op rente leen nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waaraan jy jou hand slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy mag rente hef van vreemdelinge, maar nie van mede-Israeliete nie sodat die Here jou God jou mag seën in die land wat jy nou gaan binnetrek en in besit gaan neem.
Afrikaans 1933/1953 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Afrikaans 1983 Jy mag aan 'n nie-Israeliet iets teen rente uitleen, maar aan jou volksgenoot mag jy niks teen rente uitleen nie. Dan sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy aanpak in die land waarheen jy op pad is om dit in besit te neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van vreemdes mag jy rente eis, maar van jou volksgenote mag jy dit nie eis nie, sodat die Here jou God jou kan seën in alles waaraan jy jou hand waag in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy mag sê mense wat nie Israeliete is nie, moet rente betaal, maar julle mag nie vir Israeliete sê hulle moet rente betaal nie. As julle gehoorsaam is aan julle God die Here, dan sal Hy julle seën in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, vir die mense van ander nasies mag jy rente vra, maar nie vir die Israeliete nie. Dan sal die Here jou God jou seën in alles wat jy doen in die land wat jy een van die dae sal binnegaan om in te gaan bly.