Deuteronomy 23:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geen baster mag in die vergadering van die HERE ingaan nie; tot in sy tiende geslag mag hy nie in die vergadering van die HERE kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat uit ’n ontoelaatbare verhouding gebore is, asook hulle nageslag tot in die tiende generasie, mag nie ingesluit word in die vergadering van die Here nie.
Afrikaans 1933/1953 Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.
Afrikaans 1983 Niemand wat gebore is uit ontoelaatbare geslagsgemeenskap mag lid van die gemeente word nie, selfs nie so 'n persoon se tiende nageslag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “'n Israeliet gebore uit 'n verbode verbintenis mag nie in die geloofsgemeenskap van die Here kom nie, selfs die tiende geslag ná hom mag nie in die geloofsgemeenskap van die Here kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Partymaal het 'n man en 'n vrou seks, maar hulle mag dit nie doen nie. As hulle 'n kind kry, dan mag daardie kind nie in die volksvergadering van die Here kom nie. Hulle nageslag mag ook nie in die volksvergadering van die Here kom nie, tot in die tiende geslag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mense wat gebore is uit verhoudings wat nie deur die Here goedgekeur word nie, mag nie deel van die gemeente van die Here wees nie. Selfs so iemand se kinders en kleinkinders en agterkleinkinders mag nie aan die gemeente behoort nie.