Deuteronomy 23:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag die loon van 'n hoer of die prys van 'n hond nie in die huis van die HERE jou God bring vir enige gelofte nie; want selfs hierdie twee is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy mag geen offer uit die inkomste van ’n manlike of vroulike prostituut na die huis van die Here jou God toe bring nie, want die Here verag albei.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte offer bring nie; want die altwee is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Afrikaans 1983 “Wanneer jy 'n gelofte afgelê het, mag jy nie die loon van 'n prostituut, of dit nou dié van 'n man of 'n vrou is, na die huis van die Here jou God toe bring nie. Hy het 'n afkeer van hierdie twee dinge.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verdienste van 'n prostituut en die loon van 'n hond mag nie in die huis van die Here jou God kom om enige gelofte na te kom nie, want albei is vir die Here jou God afstootlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie die beloning van 'n prostituut of die geld wat 'n mansprostituut kry, in die tempel gebruik om 'n gelofte te betaal nie. Die Here haat altwee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag ook nie enige geld na die tempel toe bring wat ’n man of vrou verdien het deur by iemand anders te slaap nie. Sulke geld is walglik vir die Here. Hy verdra nie sulke mans en vroue nie.