Deuteronomy 23:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE jou God wandel in die middel van jou laer om jou te red en jou vyande voor jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat hy niks onreins in jou sien en van jou afwyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die kamp moet heilig wees, want die Here jou God is daar saam met jou in die kamp om jou te beskerm en om jou vyande te verslaan. Hy mag niks skandeliks onder julle sien nie sodat Hy nie van julle wegdraai nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.
Afrikaans 1983 Die Here jou God gaan saam met jou in jou kamp om jou te bevry deur jou vyande in jou mag oor te gee, en daarom moet jou kamp rein wees. As die Here iets onbetaamliks by jou sien, sal Hy jou verlaat.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here jou God is immers saam met jou daar in jou kamp om jou uit te red en jou vyande aan jou oor te gee. Jou kamp moet daarom heilig wees, sodat Hy nie iets onbehoorliks by jou sien en jou die rug toekeer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle God die Here gaan saam met julle in julle kamp om julle te red en om julle te laat wen teen julle vyande. Daarom moet julle kamp gewyd wees, sodat die Here nie iets sal sien waarvan Hy nie hou nie, want dan sal Hy weggaan van julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet die kamp beskou as ’n plek wat aan die Here behoort en in sy diens staan. Daar mag niks vuils in jou kamp wees nie, want die Here jou God is saam met jou in jou kamp. Hy beskerm jou en verslaan jou vyande vir jou. Daarom mag jy nie toelaat dat daar iets afskuweliks of slegs onder die soldate is nie. Anders sal die Here weggaan en jou nie meer help nie.