Deuteronomy 23:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As daar iemand onder julle is wat nie rein is vanweë onreinheid nie, wat hom in die nag aandoen, moet hy uit die laer uit trek, hy mag nie in die laer inkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “’n Man wat seremonieel onrein word as gevolg van ’n nagtelike uitskeiding, moet die kamp verlaat en die hele dag wegbly.
Afrikaans 1933/1953 As daar iemand by jou is wat weens 'n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.
Afrikaans 1983 As daar iemand by jou is wat nie rein is nie op grond van iets wat in die nag met hom gebeur het, moet hy uit die kamp uit gaan. Hy mag nie in die kamp wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As daar by jou 'n man is wat nie rein is nie oor iets wat in die nag gebeur het, moet hy uit die kamp uitgaan. Hy mag nie binne-in die kamp wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer daar in die nag met 'n man iets gebeur het wat hom onrein laat word, dan moet hy uit die kamp gaan, hy mag nie in die kamp bly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As daar ’n soldaat onder julle is wat in die nag ’n saadstorting gehad het en daarom onrein is, moet hy nie in die kamp saam met die ander soldate bly nie. Hy moet heeldag buitekant die kamp gaan bly.