Deuteronomy 23:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat deur die klippe gewond is of sy geheime lid afgekap word, mag nie in die vergadering van die HERE ingaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “’n Man wie se geslagsorgane vermink is of wat ontman is, mag nie deel wees van die vergadering van die Here nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van die HERE nie kom nie. |
| Afrikaans 1983 | “Iemand wie se geslagsorgane verbrysel is of iemand wat ontman is, mag nie lid van die gemeente van die Here wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ 'n Man wie se testikels stukkend gedruk of wie se geslagsorgaan afgesny is, mag nie in die byeenkoms van die Here kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “As mense 'n man se geslagsorgaan stukkend geslaan of afgesny het, dan mag hy nie in die volksvergadering van die Here kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “’n Man wie se geslagsdele verbrysel of afgesny is, mag nie saam met die gemeente voor die Here bymekaarkom nie. |