Deuteronomy 22:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag jou wingerd nie met verskillende saad saai nie, sodat die vrug van jou saad wat jy gesaai het en die vrug van jou wingerd nie verontreinig word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie ander saad tussen die rye van jou wingerd plant nie. As jy dit doen, mag jy nie die druiwe van die wingerd of die opbrengs van daardie saad gebruik nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag nie 'n ander gewas in jou wingerd plant nie. As jy dit doen, sal die opbrengs van die gewas, sowel as die druiweoes die tempel toekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jy mag nie twee soorte saad in jou wingerd saai nie; anders word die volle oes heilig – die oes van die saad wat jy gesaai het, sowel as die opbrengs van die wingerd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy mag nie ander plante in jou wingerd saai nie. As jy dit doen, dan wy jy alles in jou wingerd aan die Here, die saad van die plante wat jy gesaai het, én die druiwe. Jy moet dan alles vir die Here gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy mag nie ander gewasse tussen jou rye druiwe plant nie. As jy so maak, mag jy nie die druiwe of die ander gewas wat jy geplant het, self gebruik nie. Nee, jy moet dan al die vrugte vir die huis van die Here gee. |