Deuteronomy 22:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n muur vir jou dak maak, sodat jy geen bloed oor jou huis bring as iemand daarvandaan val nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy ’n nuwe huis bou, moet daar ’n veiligheidsreling om die rand van die plat dak wees sodat iemand nie van die dak afval en jy jou huishouding skuldig maak aan bloedvergieting nie.
Afrikaans 1933/1953 As jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.
Afrikaans 1983 “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling bo om die dak aanbring sodat jy nie bloedskuld op jou huis laai wanneer iemand daar afval nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, dan moet jy 'n muurtjie op die kante van die dak bou. As jy dit nie doen nie, en iemand val van die dak af, dan sal jy skuldig wees wanneer hy sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As jy ’n nuwe huis bou met ’n plat dak, en jy beplan dat julle op die dak gaan kuier, moet jy dadelik ’n reling rondom die dak laat aansit. Anders kan iemand van die dak afval en so seerkry dat hy doodgaan. Dan is jy vir daardie mens se dood verantwoordelik.