Deuteronomy 22:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy moet die dam in elk geval laat gaan en die kleintjies na jou toe neem; dat dit met jou goed mag gaan en dat jy jou dae kan verleng.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy mag die kleintjies vat, maar laat die ma wegvlieg sodat dit goed kan gaan met jou en jy ’n lang lewe mag geniet.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng.
Afrikaans 1983 Jy mag die kleintjies vir jou vat, maar jy moet die wyfie laat wegvlieg. Dan sal dit goed gaan met jou, en sal jy 'n lang lewe hê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet die ma beslis vrylaat, maar die kleintjies mag jy vir jou vat. Doen dit sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy mag die kleintjies of die eiers vir jouself vat, maar jy moet die ma laat gaan, jy móét dit doen. Dan sal dit goed gaan met jou, en jy sal lank lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nee, los die ma en laat haar vlieg as jy die kleintjies vir jou wil vat. As jy so maak, sal dit met jou goed gaan en sal jy ’n lang lewe geniet.