Deuteronomy 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vrou mag nie iets dra wat vir 'n man is nie, en 'n man mag nie 'n vrou se kleed aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Afrikaans (NLV) 2011 “’n Vrou mag nie mansklere dra nie en ’n man mag nie vroueklere dra nie. Die Here verafsku mense wat sulke dinge doen.
Afrikaans 1933/1953 'n Vrou mag geen mansklere dra nie, en 'n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Afrikaans 1983 “'n Vrou mag nie mansklere dra nie, en 'n man mag nie vrouensklere aantrek nie. Die Here jou God het 'n afsku van mense wat dit doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Mansklere mag nie deur 'n vrou gedra word nie, en 'n man mag nie 'n vrou se oorkleed aantrek nie, want almal wat dit doen, is afstootlik vir die Here jou God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Vroue mag nie mansklere dra nie, en mans mag nie vroueklere dra nie. Julle God die Here haat mense wat dit doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “’n Vrou mag nie klere dra wat mans normaalweg dra nie. Net so moet ’n man ook nie klere dra wat vroue gewoonlik dra nie. Mense wat so iets doen, is walglik vir die Here jou God.