Deuteronomy 22:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy sal jou broer se esel of sy bees nie op die pad sien neerval en jou vir hulle verberg nie; jy moet hom sekerlik help om hulle weer op te tel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy jou naaste se bees of donkie in die pad sien lê, moenie anderpad kyk nie. Gaan en help jou naaste om die dier op te help! |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle sekerlik ophelp. |
| Afrikaans 1983 | Jy mag nie onverskillig staan teenoor 'n donkie of 'n bees van jou volksgenoot as jy dit sien val nie. Jy moet hom die dier help optel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag nie toekyk hoe jou volksgenoot se donkie of bees in die pad lê en jou dan afsydig hou nie. Jy moet beslis saam met hom die dier ophelp. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer jy sien dat 'n ander Israeliet se donkie of sy bees geval het op die pad en daar lê, dan mag jy nie maak of jy niks sien nie. Jy moet die dier help om op te staan, jy móét dit doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê nou jy sien iemand se os of donkie het inmekaargesak omdat hulle moeg is van al die goed wat hulle moet dra. Moenie maak of jy dit nie sien nie. Staan eerder nader en help die man om die dier weer op sy pote te kry. |