Deuteronomy 22:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Net so moet jy met sy esel doen; en so moet jy met sy klere doen; en met alles wat van jou broer verlore is, wat hy verloor het en jy gevind het, moet jy net so doen; jy mag jou nie verberg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Doen dieselfde met jou naaste se donkie of klere of enigiets anders wat jou naaste verloor het. Moenie jou plig ontduik nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie. |
| Afrikaans 1983 | So moet jy ook maak met 'n donkie of 'n kledingstuk van jou volksgenoot of enigiets anders wat wegraak en jy kry dit. Jy mag nie onverskillig staan daarteenoor nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet dieselfde doen met sy donkie en dieselfde doen met sy oorkleed. Ja, jy moet so maak met alle verlore goedere van jou volksgenoot – wat ook al hy vermis en wat jy vind. Jy mag jou nie afsydig hou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet dit ook doen wanneer jy 'n donkie of klere of enige iets van 'n ander Israeliet kry wat weggeraak het. Jy mag nie stilbly nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak ook so as jy iemand se donkie kry, of sy klere of enigiets wat aan iemand anders behoort wat hulle verloor het. Moenie maak of jy dit nie sien nie. |