Deuteronomy 22:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, aan die vader van die meisie vyftig sikkels silwer gee, en sy moet sy vrou wees; omdat hy haar verneder het, mag hy haar nie al sy dae verstoot nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet hy haar pa 50 stukke silwer betaal. Hy is ook verplig om met die meisie te trou omdat hy haar onteer het. Hy mag ook nooit van haar skei nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie. |
| Afrikaans 1983 | moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, vyf honderd en sewentig gram silwer aan haar pa gee en met haar trou. Hy het haar onteer en daarom mag hy nooit van haar skei nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet die man wat met haar gemeenskap het, vir die jong vrou se vader vyftig silwerstukke gee. Sy moet dan sy vrou wees, omdat hy haar verneder het. Hy het nie die reg om van haar te skei nie, so lank as wat hy leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet die man 50 stukke silwer vir die meisie se pa gee en hy moet met die meisie trou. Hy mag nooit van haar skei nie, want hy het haar verkrag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet jy hierdie man met ’n halwe kilogram silwer beboet. Hy moet die geld vir die meisie se pa gee. En hy moet met hierdie jongmeisie trou, want hy het haar eer weggeneem. Hy mag ook nooit van haar skei nie. |