Deuteronomy 22:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het haar in die veld gekry, en die verloofde meisie het geroep, en daar was niemand om haar te red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat die man haar buite in die veld verkrag het, moet dit aanvaar word dat sy om hulp geroep het, maar dat daar niemand was om haar te red nie.
Afrikaans 1933/1953 Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.
Afrikaans 1983 Die verloofde meisie is in die veld raakgeloop, en sy het om hulp geroep, maar daar was niemand om haar te help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het haar immers in die veld gekry; die jong verloofde vrou het om hulp geroep, maar daar was niemand om haar te help nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het die meisie in die veld gekry, en sy het miskien geskree en gevra dat iemand haar moet help, maar daar was niemand om haar te help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man het die meisie buite in die veld gegryp. Sy het sekerlik om hulp geroep, maar niemand kon haar hoor nie. Daarom het niemand haar gehelp nie.