Deuteronomy 22:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar aan die meisie mag jy niks doen nie; daar is in die meisie geen sonde wat die dood verdien nie, want soos wanneer 'n man teen sy naaste opstaan en hom doodmaak, so is hierdie saak.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar moet niks met die meisie gedoen word nie, want sy het nie ’n misdaad gepleeg wat die dood verdien nie. Hierdie saak is vergelykbaar met ’n slagoffer wat aangeval en vermoor word.
Afrikaans 1933/1953 maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie; want soos wanneer 'n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.
Afrikaans 1983 Die meisie moet ongestraf bly. Sy het niks gedoen wat die dood verdien nie, want in haar geval is dit soos wanneer 'n man iemand gryp en vermoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die jong vrou mag jy nie iets doen nie. Sy het nie 'n sonde begaan wat die dood verdien nie, want in hierdie geval is dit dieselfde as wanneer 'n man sy naaste oorval en die persoon vermoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie iets aan die meisie doen nie, want sy het nie iets gedoen waaroor sy moet sterf nie. Dit is soos wanneer iemand 'n ander mens kry en hom vermoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet niks aan die vrou doen nie. Sy het niks gedoen wat sleg is nie. Haar geval is dieselfde as wanneer iemand ’n moord pleeg waar niemand hom sien nie.