Deuteronomy 22:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as 'n man 'n verloofde meisie in die veld vind, en die man dwing haar en gemeenskap met haar, dan moet die man alleen sterf wat by haar gemeenskap gehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar as die man die verloofde meisie buite in die veld raakloop, en haar daar verkrag, moet net die man doodgemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, alleen sterwe; |
| Afrikaans 1983 | Maar as 'n man 'n verloofde meisie in die veld raakloop en haar oorweldig en met haar gemeenskap het, moet net die man sterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as die man die jong vrou wat verloof is, in die veld kry en haar gryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, alleen sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as 'n man 'n verloofde meisie in die veld kry en hy verkrag haar, dan moet die man alleen sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê nou die man ontmoet die verloofde jongmeisie buite die stad, êrens in die veld. Hy gryp haar en verkrag haar. Dan moet net die man doodgemaak word. |