Deuteronomy 22:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet julle hulle altwee uitbring na die poort van daardie stad, en julle moet hulle stenig, sodat hulle sterwe; die meisie, omdat sy nie geroep het toe sy in die stad was nie; en die man, omdat hy sy naaste se vrou verneder het; daarom moet jy die kwaad onder jou uit verwyder.
Afrikaans (NLV) 2011 moet julle al twee van hulle na die poorte van die dorp neem en hulle daar met klippe doodgooi. Die vrou is skuldig omdat sy nie om hulp geskree het nie. Die man moet sterf omdat hy ’n ander man se vrou onteer het. So moet julle hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.
Afrikaans 1933/1953 dan moet julle hulle twee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Afrikaans 1983 moet jy altwee na die stadspoort toe uitbring en met klippe doodgooi. Hulle moet sterf: die meisie omdat sy nie in die stad om hulp geroep het nie en die man omdat hy die verloofde van sy volksgenoot onteer het. So moet jy hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan moet julle hulle al twee na daardie dorp se poort uitbring en hulle met klippe doodgooi, sodat hulle sterf – die jong vrou omdat sy nie in die dorp uitgeroep het nie en die man omdat hy die vrou van sy naaste verneder het. Jy moet die kwaad by jou uitroei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet julle hulle altwee na die poort van daardie stad bring en julle moet hulle doodgooi met klippe. Die meisie moet sterf omdat sy nie geskree het nie en die man moet sterf omdat hy seks gehad het met iemand anders se vrou. Julle moet duidelik wys dat julle nie skuldig is saam met hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet julle hulle albei na die uitgang van die stad vat. Dan moet julle hulle met klippe doodgooi. Die vrou is ook skuldig, want sy het nie geskree sodat iemand haar kon kom help terwyl die man by haar was nie. Die man moet doodgemaak word omdat hy by ’n vrou geslaap het wat met iemand anders sou trou. As jy só maak, sal jy keer dat slegte dinge in jou land gebeur.