Deuteronomy 22:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet hulle die meisie uitbring na die ingang van haar vader se huis, en die manne van haar stad moet haar stenig met klippe, sodat sy sterf, omdat sy dwaasheid in Israel gedoen het om in haar vader se huis te hoereer; so moet jy verwyder die kwaad onder julle uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet die regters die vrou na die deur van haar pa se huis bring en die mans van die dorp moet haar daar met klippe doodgooi. Sy het ’n skandelike daad in Israel gepleeg deur losbandig te leef terwyl sy nog by haar ouers gewoon het. So moet julle hierdie soort kwaad onder julle uitroei. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy 'n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. |
| Afrikaans 1983 | moet hulle haar by die deur van haar pa se huis laat uitkom en die mans van die stad moet haar daar met klippe doodgooi. Sy moet sterf omdat sy 'n ongehoorde ding in Israel gedoen het deurdat sy met 'n man geslagsgemeenskap gehad het terwyl sy nog ongetroud was. So moet jy hierdie soort kwaad tussen julle uitroei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dan moet hulle haar uitbring na die ingang van haar vader se huis en die manne van die dorp moet haar met klippe doodgooi, sodat sy sterf, omdat sy 'n gruweldaad gepleeg het in Israel deur in haar vader se huis te hoereer. Jy moet die kwaad by jou uitroei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet hulle die vrou na haar pa se huis bring, en die mans van die stad moet haar doodgooi met klippe. Sy het 'n verkeerde ding gedoen, sy het skande gebring in die volk Israel. Sy het in haar pa se huis seks gehad met ander mans. En julle moet duidelik wys dat julle nie skuldig is saam met haar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In sulke gevalle moet die regters saam met die vrou na haar pa se huis toe gaan. Hulle moet by haar pa se huis se deur gaan staan. Dan moet die mans van die stad haar met klippe doodgooi. Sy het iets baie slegs gedoen deur by ander mans te slaap terwyl sy nog ongetroud was. Sulke slegte dinge moet julle nie tussen julle duld nie. |