Deuteronomy 22:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jou broer nie naby jou is nie, of as jy hom nie ken nie, dan moet jy dit na jou eie huis bring, en dit moet by jou wees totdat jou broer dit soek, en jy moet dit aan hom teruggee.
Afrikaans (NLV) 2011 As dit nie aan iemand behoort wat naby jou is nie, of as jy nie weet wie die eienaar is nie, hou dit by jou totdat die eienaar daarna begin soek en gee dit dan aan hom terug.
Afrikaans 1933/1953 En as jou broer nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy dit in jou huis neem, en dit moet by jou wees totdat jou broer dit soek; dan moet jy dit aan hom teruggee.
Afrikaans 1983 As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jou volksgenoot nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy die diere by jou huis hou. Dit moet by jou bly totdat jou volksgenoot dit kom soek en dan moet jy dit vir hom teruggee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die ander Israeliet te ver woon of as jy nie weet wie hy is nie, dan moet jy die dier by jou huis hou, en die dier moet by jou bly totdat sy eienaar hom soek. Dan moet jy die dier terugneem na sy eienaar toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit nie aan iemand behoort wat in jou omgewing bly nie, of as jy nie weet wie se dier dit is nie, vat dan die dier na jou huis toe. Dit sal veiliger by jou wees. Hou dit daar en versorg dit tot die eienaar daar opdaag om na sy dier te soek. Gee dit dan vir hom.