Deuteronomy 22:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moet hom honderd sikkels silwer betaal en dit aan die vader van die meisie gee, omdat hy 'n slegte naam oor 'n maagd van Israel laat opkom het; en sy sal vir hom 'n vrou wees; hy mag haar nie al sy dae verstoot nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet hom ook met 100 stukke silwer beboet omdat hy ’n maagd van Israel valslik beskuldig het. Die betaling moet aan die vrou se pa gemaak word. Die vrou sal dan die vrou van die man bly en hy mag nooit van haar skei nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hom 'n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy 'n slegte gerug oor 'n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie. |
| Afrikaans 1983 | en hom met elf honderd en veertig gram silwer beboet. Hulle moet die geld vir haar pa gee omdat die man haar, 'n maagd van Israel, 'n slegte naam laat kry het. Sy sal ook die man se vrou bly. Hy mag nooit van haar skei nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet hom 'n boete van honderd silwerstukke oplê en dit vir die jong vrou se vader gee omdat die man 'n maagd uit Israel 'n slegte naam gegee het. Sy moet sy vrou wees. Hy het nie die reg om van haar te skei nie, so lank as wat hy leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet hom 100 sikkels silwer boete laat betaal en hulle moet die geld vir die pa van die vrou gee, want die man het sleg gepraat van 'n jong vrou van die volk Israel. Die man moet dan die vrou altyd hou, hy mag nie van haar skei nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet hom ook ’n boete laat betaal. Hy moet ’n kilogram silwer betaal omdat hy sy vrou valslik daarvan beskuldig het dat sy by ander mans geslaap het. Die geld wat hy betaal, moet na die vrou se pa gaan. Die vrou bly dan met haar man getroud. Hy mag nooit van haar skei nie. |