Deuteronomy 22:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, hy het geleenthede teen haar gegee en gesê: Ek het nie vir jou dogter 'n slavin gevind nie; en tog is dit die tekens van my dogter se maagdelikheid. En hulle moet die kleed uitsprei voor die oudstes van die stad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy beskuldig haar van skandelike gedrag deur te sê dat sy nie ’n maagd was toe hy met haar getrou het nie. Maar hier is die bewys van my dogter se maagdelikheid.’ Dan moet hulle die beddegoed voor die regters uitsprei. |
| Afrikaans 1933/1953 | en kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie -- maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei. |
| Afrikaans 1983 | Hy beskuldig haar van slegte gedrag deurdat hy sê hy het nie enige tekens dat sy 'n maagd was, by haar gevind nie. Maar hier is die tekens dat my dogter 'n maagd was.’ Dan moet haar pa haar nagklere vir die leiers van die stad wys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En kyk, nou is hy die een wat haar vals beskuldig deur te sê: “Ek het nie by jou dogter die bewys van maagdelikheid gekry nie.” Maar hier is die bewys van my dogter se maagdelikheid.’ Dan moet hulle die kledingstuk voor die oudstes van die dorp oopsprei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy beskuldig haar en hy sê hy het gesien dat sy nie 'n maagd was nie. Maar hier wys ek nou vir julle dat sy 'n maagd was.’ “En dan moet die ouers die vrou se bo-kleed wys waarop sy en haar man die eerste nag geslaap het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou, ewe skielik, draai hy teen haar. Hy sê sy het by ander mans geslaap voor sy met hom getroud is. Maar kyk hier, ek het vir julle die bewys gebring dat sy nooit voorheen by enige ander man geslaap het nie.’ “Dan moet hy die laken voor die leiers van sy stad oopvou. |