Deuteronomy 22:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die vader van die meisie en haar moeder die tekens van die maagd van die meisie neem en na die oudstes van die stad in die poort bring.
Afrikaans (NLV) 2011 As die man dit doen, moet die vrou se pa en ma die bewys van haar maagdelikheid na die leiers van die dorp bring.
Afrikaans 1933/1953 dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
Afrikaans 1983 Dan moet haar pa en haar ma die tekens dat sy 'n maagd was, na die leiers van die stad toe bring in die stadspoort
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet die vader en moeder van die jong vrou die bewys van haar maagdelikheid vat en dit vir die oudstes van die dorp na die poort bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dan moet die vrou se pa en ma vir die leiers in die stad se poort gaan wys dat hulle dogter 'n maagd was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As ’n man só maak, moet die vrou se pa en ma die bewys na die leiers van hulle stad bring dat hulle dogter nog nooit voorheen by ’n ander man geslaap het nie. Hy moet die laken waarop sy en daardie man die eerste huweliksnag geslaap het, met die bloed daarop, as bewys bring dat sy regtig ’n maagd was.