Deuteronomy 22:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En gee redes om teen haar te praat, en bring 'n slegte naam oor haar en sê: Ek het hierdie vrou geneem, en toe ek by haar kom, het ek haar geen slavin gevind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 en haar valslik beskuldig dat sy haar wangedra het. Hy kan sê: ‘Ek het ontdek dat sy nie ’n maagd was toe ek met haar getrou het nie.’
Afrikaans 1933/1953 en haar slegte dinge nagee en 'n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,
Afrikaans 1983 en haar van slegte gedrag beskuldig en haar 'n slegte naam laat kry deurdat hy sê: ‘Ek het hierdie vrou getrou en met haar gemeenskap gehad, maar ek het nie enige tekens dat sy 'n maagd was, by haar gevind nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en beskuldig haar dan vals en gee haar 'n slegte naam deur te sê, ‘Ek het hierdie vrou geneem, maar toe ek met haar omgang gehad het, het ek nie by haar die bewys van maagdelikheid gekry nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy beskuldig haar en hy praat sleg van haar en sê: ‘Ek het getrou met hierdie vrou en toe ek seks gehad het met haar, het ek gesien dat sy nie 'n maagd was nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En sê nou hy beskuldig haar dan valslik daarvan dat sy voorheen by ’n ander man geslaap het. Hy sê skielik: ‘Ek het agtergekom dat hierdie vrou voorheen by ander mans geslaap het voor sy met my getrou het.’