Deuteronomy 22:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag jou broer se bees of sy kleinvee nie sien dwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle in elk geval na jou broer terugbring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie maak asof jy jou naaste se verdwaalde bees of skaap nie raaksien nie. Bring dit terug na sy eienaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer terugbring. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jy mag nie toekyk hoe jou volksgenoot se bees of kleinvee ronddwaal en jou dan afsydig hou nie. Jy moet hulle beslis na jou volksgenoot terugvat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Wanneer 'n bees of 'n skaap van 'n ander Israeliet wegraak, en jy sien die dier, dan mag jy nie stilbly nie. Jy moet die dier terugbring vir sy eienaar, jy móét dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op ’n dag sien jy dalk hoe jou buurman se bees of skaap wegdwaal. Moenie maak of jy dit nie sien nie. Wees eerlik. Vat die dier terug na sy eienaar toe. |