Deuteronomy 21:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So moet jy dan die skuld van onskuldige bloed onder jou uit verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Deur hierdie instruksies na te kom en te doen wat reg is in die oë van die Here, sal jy die gemeenskap reinig van die skuld van moord.”
Afrikaans 1933/1953 En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.
Afrikaans 1983 So sal jy doen wat reg is in die oë van die Here en sal jy die skuld vir 'n onskuldige dood onder jou uit verwyder.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet self die stort van onskuldige bloed by jou uitroei, want dan doen jy wat reg is in die oë van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle self moet alles wegvat wat julle skuldig kan maak, ja, julle moet dinge doen waarvan die Here hou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy presies so maak soos ek vir jou sê, sal jy doen wat vir die Here reg is. Dan sal jou mense onskuldig wees aan die moord op daardie persoon.”