Deuteronomy 21:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees genadig, o HERE, teenoor u volk Israel wat U verlos het, en gee nie onskuldige bloed aan u volk Israel se bevel nie. En die bloed sal hulle vergewe word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O Here, vergewe u volk Israel wat U verlos het. Moet tog nie u volk Israel aanspreeklik hou vir die moord op ’n onskuldige man nie.’ Dan sal hulle vry wees van skuld vir die persoon se dood. |
| Afrikaans 1933/1953 | Doen versoening vir u volk Israel wat U, o HERE, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word. |
| Afrikaans 1983 | Here, U wat vir Israel verlos het, spreek tog u volk vry en moenie dat die skuld van bloed wat onskuldig vergiet is, op u volk Israel bly nie.’ Dan sal hulle vry wees van die skuld vir die dood van die man. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Skeld u volk Israel, wat U verlos het, kwyt, Here. Laat die bloedskuld van 'n onskuldige tog nie op u volk Israel rus nie. ’ Dan sal hulle van bloedskuld kwytgeskeld word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet versoening doen vir u volk Israel, U het hulle losgekoop, U moenie u volk Israel straf oor iets wat hulle nie gedoen het nie.’ “Dan sal die Here versoening doen vir die moord. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, ons bid: vergewe u volk Israel, die mense vir wie U gered het. Sê tog dat u volk onskuldig is. Moenie u volk verantwoordelik hou vir die moord op hierdie onskuldige persoon nie. Moet dit nie teen ons hou nie.’ “Dan sal hulle nie skuldig wees aan die dood van daardie mens nie. |