Deuteronomy 21:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priesters, die seuns van Levi, moet nader kom; want hulle het die HERE jou God uitverkies om Hom te dien en in die Naam van die HERE te seën; en deur hulle woord sal elke twis en elke aanval beproef word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Levitiese priesters moet ook daarheen gaan. Die Here jou God het hulle gekies om in sy teenwoordigheid diens te doen en om seën aan te kondig in die Naam van die Here. Hulle moet oor alle verskille en strawwe besluit.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die HERE jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die HERE te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.
Afrikaans 1983 Dan moet die Levitiese priesters wat deur die Here jou God uitgekies is om Hom te dien en in sy Naam die seën uit te spreek, nader kom en enige geskil of aanklag moet deur hulle uitspraak afgehandel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet die Levitiese priesters nader kom, want die Here jou God het juis hulle uitgekies om Hom te dien en om in die Naam van die Here te seën. Hulle uitsprake beslis alle gevalle van twis en geweldsmisdaad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet die priesters van die nageslag van Levi nader kom, want julle God die Here het hulle gekies om vir Hom te werk en om te sê dat Hy mense sal seën. Daardie priesters moet oordeel wanneer mense twis en mekaar seermaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat in die huis van die Here werk, die kinders van Levi, moet by hulle wees wanneer hulle dit doen. Dis immers hulle wat die Here jou God uitgekies het om vir Hom te werk. Hulle mag mense voorspoed toebid en die Here sal hulle voorspoedig maak. Dis hierdie mense wat ook moet besluit wie reg is as twee mense mekaar hof toe vat, en wat bepaal watter straf die skuldiges moet kry.