Deuteronomy 21:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die oudstes van daardie stad moet die koei afbring na 'n ruwe dal wat nie gepaar of gesaai is nie, en die koei se nek daar in die dal afslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet die koei na ’n vallei vat waardeur daar ’n spruit loop en wat nog nooit geploeg of beplant is nie. Daar in die vallei moet hulle die koei se nek breek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die oudstes van die stad moet die koei afbring in 'n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek. |
| Afrikaans 1983 | en haar na 'n spruit toe bring wat loop en waar daar nie geploeg of gesaai is nie. Daar by die spruit moet hulle die vers se nek breek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oudstes van daardie dorp moet met die vers afgaan na 'n standhoudende spruit waar daar nie geploeg of gesaai word nie. Daar by die spruit moet hulle die vers se nek breek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet die vers-kalf uitbring na 'n vallei waar daar altyd water is en waar niemand ploeg en saai nie. Hulle moet die vers-kalf se nek daar in die vallei breek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet dan hierdie koei na ’n vallei neem waar daar nie geploeg of geplant word nie. Daar moet ’n stroom deur die vallei loop. Hulle moet die koei se nek daar breek. |