Deuteronomy 21:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die stad wat naas die gesneuwelde is, die oudstes van daardie stad, sal 'n vers neem wat nie meegewerk is nie en wat nie in die juk getrek is nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die leiers van daardie dorp moet dan ’n jong koei vat wat nog nooit in ’n juk getrek het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is -- die oudstes van die stad moet 'n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in 'n juk getrek het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die leiers van die stad naaste aan die lyk moet dan 'n vers vat wat nog nooit in 'n juk getrek het nie |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die dorp wat die naaste is aan die lyk, die oudstes van daardie dorp moet 'n vers vat waarmee nog nie geploeg is nie, wat nog nie onder die juk was nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van die stad wat die naaste is, moet 'n vers-kalf neem wat nog nie gewerk het nie, 'n kalf wat nog nie 'n juk op haar nek gehad het en 'n ploeg getrek het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet die leiers van daardie stad ’n jong koei kies wat nog nooit geleer is of ingespan is om te ploeg nie. |