Deuteronomy 21:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy liggaam mag nie die hele nag aan die boom bly nie, maar jy moet hom in elk geval daardie dag begrawe; (want hy wat opgehang is, is deur God vervloek;) sodat jou land wat die HERE jou God jou as erfenis gee, nie verontreinig word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 mag sy liggaam nie oornag aan die boom bly hang nie. Jy moet die liggaam nog dieselfde dag begrawe, want enigeen wat aan ’n boom hang, is ’n vervloekte van God. Moenie die land besoedel wat die Here jou God aan jou as ’n erfenis gee nie.
Afrikaans 1933/1953 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik die dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.
Afrikaans 1983 mag sy lyk nie die nag daaraan bly hang nie. Jy moet hom dieselfde dag nog begrawe, want wie opgehang word, is deur God vervloek. Jy mag nie die land wat deur die Here jou God aan jou as besitting gegee is, verontreinig nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) mag sy lyk nie die nag aan die paal bly hang nie; maar jy moet hom beslis daardie selfde dag nog begrawe. Iemand wat aan 'n paal gehang word, is immers 'n vervloekte by God. Jy mag nie jou grondgebied wat die Here jou God vir jou as erfdeel gaan gee, verontreinig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan mag sy lyk nie in die nag aan die paal bly hang nie. Julle moet hom dieselfde dag begrawe. Julle moet dit doen, want God het die persoon vervloek wat aan die paal hang. Julle mag nie die grond ontwy wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die lyk van hierdie man mag nie oornag aan die galg bly nie. Jy moet daardie selfde dag nog die lyk begrawe, want God vloek enige mens wat opgehang word. Moenie die land wat die Here jou God vir jou gee om in te gaan bly, onrein maak nie.