Deuteronomy 21:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is hardkoppig en wederstrewig, hy sal nie na ons stem luister nie; hy is 'n vraat en 'n dronkaard.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle moet dan verklaar: ‘Hierdie seun van ons is koppig en rebels en weier om ons te gehoorsaam. Hy is ’n nikswerd dronkaard.’
Afrikaans 1933/1953 en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is 'n deurbringer en dronkaard.
Afrikaans 1983 Hulle moet vir die leiers van die stad sê: ‘Hierdie seun van ons is opstandig en ongehoorsaam. Hy luister nie na ons nie. Hy is 'n vraat en 'n suiplap.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle moet vir die oudstes van sy dorp sê, ‘Hierdie seun van ons is koppig en opstandig. Hy wil nie na ons luister nie. Hy is roekeloos en 'n drinker.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy ouers moet vir die leiers van die stad sê: ‘Hierdie seun van ons is hardkoppig en opstandig, hy doen nie wat ons sê nie, hy wil net eet en drink.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moet vir die leiers sê: ‘Hierdie seun van ons is opstandig teen ons. Hy luister nie as ons met hom praat nie. Al wat hy van die môre tot die aand wil doen, is om soos ’n vraat en ’n dronklap aan te gaan.’