Deuteronomy 21:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As 'n man 'n hardkoppige en opstandige seun het wat nie na die stem van sy vader of die stem van sy moeder luister nie, en wat, as hulle hom getugtig het, nie na hulle sal luister nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit kan gebeur dat ’n man ’n koppige en rebelse seun het wat nie na sy pa of ma luister nie, selfs al tugtig hulle hom.
Afrikaans 1933/1953 As iemand 'n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,
Afrikaans 1983 “Wanneer 'n man 'n opstandige en ongehoorsame seun het wat nie na sy pa en ma wil luister nie, selfs al straf hulle hom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “As iemand 'n koppige en opstandige seun het wat nie na sy vader en moeder wil luister nie, en hulle straf hom, maar hy wil steeds nie na hulle luister nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Iemand het miskien 'n seun wat hardkoppig en opstandig is en wat nie luister na sy ouers nie. Die ouers sê vir hom hoe hy moet lewe, maar hy luister nie na hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê nou ’n pa het ’n seun wat nie wil luister wat hy vir hom sê nie. Die seun is opstandig teen sy pa en ma en steur hom nie aan wat hulle hom beveel nie. Selfs al slaan hulle hom, hoor hy nie.