Deuteronomy 21:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal dit wees as hy sy seuns laat erf wat hy het, dat hy nie die seun van die geliefde eersgeborene voor die seun van die gehate, wat wel die eersgeborene is, maak nie;
Afrikaans (NLV) 2011 mag hy nie in sy testament bepaal dat die groter erfporsie aan die jonger seun gaan van die vrou wat hy liewer het nie.
Afrikaans 1933/1953 dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie.
Afrikaans 1983 mag hy nie die seun van die vrou wat hy liefhet, in sy testament as sy oudste beskou en hom bevoorreg bo die seun wat eintlik sy oudste is nie, die seun van die vrou van wie hy nie hou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) kan hy nie, wanneer hy sy seuns sy besittings laat erf, die seun van die geliefde vrou die eersgeborene maak ten koste van die seun van die nie-geliefde, die eersgeborene, nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die man sê wie sy goed moet erf, dan mag hy nie die regte van die oudste seun gee vir die seun van die vrou van wie hy baie hou nie, want dit is die regte van die oudste seun, die seun van die vrou van wie hy nie so baie hou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hierdie man nou in sy testament skryf wie wat moet erf, mag hy nie dat die jonger seun meer erf as die ouer broer net omdat hy die seun is van die vrou wat hy liefhet nie.