Deuteronomy 21:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As 'n man twee vroue het, een geliefde en 'n ander gehaat, en hulle het vir hom kinders gebore, die geliefde sowel as die gehate; en as die eersgebore seun haar is wat gehaat is: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit kan gebeur dat ’n man twee vroue het en hy is liewer vir die een as vir die ander, en beide vroue gee vir hom seuns. As die oudste seun van die vrou kom van wie hy minder hou, |
| Afrikaans 1933/1953 | As 'n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou, |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n man twee vrouens het, een wat hy liefhet en een van wie hy nie hou nie, en albei het vir hom kinders in die wêreld gebring, en die oudste seun is die kind van die vrou van wie hy nie hou nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer 'n man twee vroue het, die een geliefd en die ander nie-geliefd, en die geliefde en die nie-geliefde bring albei vir hom seuns in die wêreld, en die eersgeborene is die seun van die nie-geliefde, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “'n Man het miskien twee vroue en hy hou baie van die een vrou, maar hy hou nie so baie van die ander vrou nie. Altwee vroue kry miskien seuns, en die oudste seun is die seun van die vrou van wie die man nie so baie hou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê nou ’n man het twee vroue. Hy is baie lief vir die een, maar nie vir die ander een nie. Hy het ’n seun by al twee hierdie vroue. Sê nou die seun wat eerste gebore word, is die seun van die vrou vir wie hy nie baie lief is nie. |