Deuteronomy 21:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar laat gaan waar sy wil; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie, jy mag haar geen koophandel maak nie, omdat jy haar verneder het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as jy met haar trou en daarna besluit jy hou nie van haar nie, moet jy haar laat gaan. Jy mag haar nie verkoop of as ’n slaaf behandel nie, want jy het haar verneder.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onteer het. |
| Afrikaans 1983 | As jy later nie meer lief is vir haar nie, moet jy haar laat gaan waarheen sy wil. Jy mag haar nie verkoop nie, jy mag haar ook nie as slavin gebruik nie, want jy het met haar gemeenskap gehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As dit dalk gebeur dat jy later nie meer sin in haar het nie, moet jy haar laat gaan waarheen sy wil. Jy mag haar glad nie verkoop nie. Jy mag haar nie as eiendom beskou nie, aangesien jy haar verneder het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy later nie meer van haar hou nie, dan moet jy haar laat gaan waarnatoe sy wil gaan. Jy mag haar nie verkoop nie en jy moet haar nie 'n slavin maak nie, want jy het gesê sy móét met jou trou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar sê nou jy trou met haar en vind dan later uit dat jy nie meer lief is vir haar nie. Dan moet jy haar laat weggaan. Jy mag haar nie verkoop nie. En jy mag haar nie behandel asof sy ’n huishulp is nie, want jy het by haar geslaap.” |