Deuteronomy 21:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As iemand wat in die veld gelê is, gevind word in die land wat die HERE jou God jou gee om dit in besit te neem, en dit is nie bekend wie hom gedood het nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer iemand in ’n veld vermoor aangetref word in die land wat die Here jou God vir jou gee, en jy weet nie wie die moord gepleeg het nie,
Afrikaans 1933/1953 As hulle in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,
Afrikaans 1983 “Wanneer iemand wat om die lewe gebring is, gekry word waar hy in die veld lê in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee, en niemand weet wie hom doodgemaak het nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer iemand afkom op 'n lyk wat in die veld lê, op die grond wat die Here jou God vir jou gaan gee om in besit te neem, maar dit is nie bekend wie die persoon doodgeslaan het nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesê: “In die land wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort, sal julle miskien iemand kry wat vermoor is en wat in die veld lê, maar julle weet nie wie hom doodgemaak het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê nou maar iemand word in die veld buitekant ’n stad of ’n dorp vermoor in die land wat die Here jou God vir jou gee. Niemand weet wie die moord gepleeg het nie.