Deuteronomy 20:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaars moet verder met die volk spreek en sê: Watter man is daar wat beangs en moedeloos is? laat hom gaan en teruggaan na sy huis, dat sy broers se hart nie beswyk nie, net soos sy hart. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal die offisiere ook vra: ‘Is daar een van julle wat bang is? As dit so is, gaan dan huis toe voordat jy ook ander bang maak.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie. |
| Afrikaans 1983 | Verder moet die leiers nog vir die volk sê: ‘Wie is bang? Wie bewe? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie sy volksgenote laat moed verloor soos hy nie.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die opsieners moet verder ook die manskappe toespreek en sê, ‘Wie bang en lafhartig is, laat hy teruggaan na sy huis sodat hy nie sy volksgenote se harte laat ineenkrimp soos syne nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die voormanne moet ook vir die manne sê: ‘Wie het moedeloos en bang geword? Hy moet teruggaan na sy huis sodat hy nie die ander manne ook moedeloos laat word nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet die offisiere ook vra: ‘Is daar iemand onder julle wat bang is? As daar so iemand is, moet hy huis toe gaan. Anders steek hy nou-nou die ander soldate aan sodat daar ’n klomp bangbroeke is wat aan die oorlog moet deelneem.’ |